Die rykes vries nou hulle liggame in die hoop om in die toekoms weer lewendig te word

Onthou jy hoe ruimtevaarders in wetenskapfiksie rolprente in ‘n krio-staat slaap om jare later hulle bestemming te bereik en ontvries te word? Krio-preservering word nou gewild onder miljardêrs waar hul liggame gevries word, in die hoop om in die toekoms weer lewendig te word.

Dit klink na ‘n totaal onrealistiese idee, iets wat ons net in boeke van lees of in TV-programme en films sien, maar sommige miljardêrs het dit eintlik alreeds gedoen. Trouens, 500 mense wêreldwyd is reeds gevries vir toekomstige herlewing. Die meeste van hulle is van die VSA.

Alcor Life Extension Foundation, wat in Arizona gebaseer is, het 230 mense alreeds gevries en het ‘n totaal van 1 400 lede.

Krio-preserveerproses:

Die prosedure om ‘n menslike liggaam te bevries staan ​​bekend as verglasing. Hierin word ‘n persoon se bloed vervang met ‘n krio-beskermende oplossing wat voorkom dat yskristalle vorm aangesien dit selle en weefsels kan beskadig. Later word die liggaam tot -196 grade Celsius afgekoel en dan in ‘n vakuum-geïsoleerde metaalhouer gestoor wat met vloeibare stikstof gevul is.

Hoeveel kos krio-preservering?

Dit kom beslis teen ‘n baie hoë prys. Alcor vra N$4 miljoen vir die krio-preservering van ‘n hele liggaam. Jy kan ook kies om slegs jou brein te bewaar onder die proses genaamd neuro-krio-preservering vir slegs N$1,5 miljoen.

Is daar ‘n waarborg van herlewing?

Nee, daar kan nie met sekerheid gesê word dat mense eendag ‘n tegnologie sal kan ontwikkel waarmee die liggaam herleef kan word, wat die skade wat deur die bewaringsproses veroorsaak word, kan omkeer nie.