Die redes vir hoë baba- en moedersterftes

Die minister van gesondheid dr. Kalulmbi Shangula het hierdie week sy kommer uitgespreek oor die verhoogde moedersterftes, babas wat dood gebore word en neonatale sterftes wat in die land aangeteken word. Volgens die 2022-verslag oor moedersterftes, dood gebore babas en neonatale sterftes vir April 2018 tot Maart 2021 is ‘n totaal van 145 moedersterftes by die ministerie aangemeld, terwyl ‘n totaal van 1 066 doodgeboortes en 1 069 neonatale sterftes aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Bernard Haufiku gepraat, wat die hoë gevalle van neonatale sterftes en moedersterftes toeskryf aan die gebrek van menslike hulpbronne en die gemeenskap se onkundigheid.

Haufiku het verder genoem die finansiële hulpbronne is ook nie altyd genoeg nie.