Die rand trek Namibië af, waarom is ons steeds gekoppel?

Met die swak Suid-Afrikaanse rand tesame met inflasie en stygende rentekoerse, moet Namibiërs hul gordels al hoe stywer intrek. Die jongste inflasie-syfers het skokkende stygings in voedselpryse blootgelê en die repokoers is ook verhoog. Ontledings toon dat die Suid-Afrikaanse rand sedert 2002 met 60,2 persent verswak het. Kosmos 94.1 Nuus het aan ekonoom Klaus Schade gevra hoekom ons steeds aan die rand gekoppel is, want alles wat met die Suid-Afrikaanse rand gebeur, raak Namibië ook.