Die onderdrukte word die onderdrukker

Die stigter van Equal Rights Namibia, Omar van Reenen, het gereageer op die Swapo-jeugliga wat sê die beslissing van die hooggeregshof dat huwelike van die dieselfde geslag wat in die buiteland aangegaan is deur die regering erken moet word Namibië se soewereiniteit en onafhanklikheid ondermyn. Die liga vra die regering om wetgewing daar te stel teen die LGBTQ-gemeenskap. Volgens Van Reenen is die stand van sake uiters kommerwekkend. Hy verduidelik.