Die geteisterde Japannese maan-sending land op sy neus

Japan se maansending-tuig het op sy neus beland toe dit sy historiese landing op die maan-oppervlak gemaak het. Die eerste foto van die geteisterde “Slim” ruimtetuig wys dat dit 90 grade gedraai het voor dit tot stilstand gekom het. Dit het probleme gehad om die elektrisiteit op te wek wat nodig is om te werk. Die beeld is vasgevang deur die klein bofbal-grootte robot genaamd “Sora-Q” wat verlede Saterdag oomblikke voor die landing uit “Slim” uitgeskiet is. “’n Abnormaliteit in die hoof-enjin het die landing van die ruimtetuig beïnvloed,” het die Japanse ruimte-agentskap Jaxa in ’n verklaring gesê. Dit blyk dat een van die twee groot dryfkrag-enjins op “Slim” (Smart Lander for Investigating the Moon) opgehou werk het tydens die landing.

Foto verskaf: Jaxa