Die “flush your ex”-program

Maatskappy soek ou liefdesbriewe om in toiletpapier te omskep

’n Toiletpapiermaatskappy bied aan lede van die publiek die kans om ou liefdesbriewe van hul ekse vir Valentynsdag in herwonne toiletpapier te laat omskep.

Die “flush your ex”-program sal ou liefdesbriewe in wit goud verander.

“Pos vir ons daardie oorblywende liefdesbriewe wat spasie in jou sokkielaai opneem en ons sal hulle by produksiefasiliteite aflewer” sê die maatskappy op hul webwerf. “Want niks sê afsluiting soos om te weet dat iemand iewers daardie eks sit waar hulle hoort nie.”

Foto: Verskaf