Die deel van grusame video’s is eties verdag

‘n Grafiese video van ‘n Toyota Fortuner en ‘n sewe-sitplek bussie wat in ‘n kop-aan-kop botsing was waarin nege mense dood is, is wyd op sosiale media versprei. Reaksie word steeds ontvang nadat die Motorvoertuig Ongelukkefonds ‘n verklaring uitgereik het oor die gevare daarvan om sulke video’s te deel. Die media-ombudsman van Namibië, John Nakuta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die etiket wat joernaliste moet volg.