Die Caesar-slaai is vandag 100 jaar gelede geskep

Slaai-liefhebbers vier die dag waarop die Caesar-slaai presies 100 jaar gelede geskep is. Die slaai is volgens oorlewering deur die Italiaanse immigrant, Caesar Cardini, by sy restaurant Caesar’s Place in Tijuana, Mexiko, uitgedink. Cardini het een snikwarm aand gesukkel om sy klante kos te gee. Hy het heel Romaine-blare met knoffel-gegeurde olie, Worcester-sous, suurlemoene, gekookte eiers en Parmesaan-kaas bymekaar gegooi. Die restaurant sê hulle maak steeds tot 300 Caesar-slaaie elke dag. Tijuana beplan ʼn driedaagse kos-en-wynfees en sal ʼn standbeeld van Cardini onthul.