Die brief is vals – Trevino Forbes

Die adjunk-president van die IPC Trevino Forbes sê die brief, blykbaar van ‘n Britse LP van die Arbeiderparty Sarah Champion aan David Cameron, die minister van buitelandse sake, is vals. Kommerwekkend is dat daar gesê is dat 750 000 pond, of 17,6 miljard Namibiese dollar, reeds oorbetaal is sodat die IPC ‘n robuuste veldtog in die verkiesing kan loods. Daar word ook melding gemaak dat daar ‘n goeie uitkoms vir Brittanje kan wees in die ontluikende olie-bedryf, sou die IPC wen… Forbes sê eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit teenparty-propaganda is.