Die beste ding vir ‘n lae olieprys is ‘n hoë olieprys

Oliepryse per vat het Maandag tot 120 Amerikaanse dollar gestyg nadat Saoedi-Arabië premies vir sy olieverkope vir Julie skerp verhoog het. Die stygings kom selfs al het die Organisasie vir Petroleum-uitvoerlande en sy bondgenote verlede week besluit om produksie in Julie en Augustus met 648 000 vate per dag te verhoog – 50 persent meer as wat voorheen beplan is. Daar word beraam dat Brent tot bo die sielkundige vlak van 140 Amerikaanse dollar ‘n vat kan styg wat verdere druk op verbruikers sal plaas, maar, die bekende Suid-Afrikaanse beleggingsekonoom Dawie Klopper sê die beste nuus vir ‘n laer olieprys, is ‘n hoër olieprys.