Die As: Aussies vat beheer op dag een

Australië het gister op Lord’s in Londen beheer geneem oor die openingsdag van die tweede Toets om die As teen Engeland. Nadat hulle ingestuur is om te kolf, was daar 50-talle vir David Warner en Travis Head, terwyl Steve Smith ‘n onoorwonne 85 aangeteken het. Die Aussies sal vandag hul kolfbeurt hervat op 339 vir vyf. Die aanvangskolwer, Warner, was tevrede met die goeie begin: