Didiza bedank SA-boere vir werkskepping

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, het die landbousektor se bydrae tot die land se werksgeleenthede geloof. Sowat 888 000 mense het in die eerste kwartaal vanjaar in die primêre landbousektor gewerk wat van kwartaal-tot-kwartaal 3 persent en van jaar-tot-jaar 5 persent meer is. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê dis ver bo die landbousektor se langtermynsyfer van 780 000: