Diddy misluk in vierde borgvoorstel
‘n Regter het Sean “Diddy” Combs se voorstel vir huisarres op sy private eiland in Florida verwerp. Prokureurs vir die 55-jarige kletsrymer, wat tans in ’n tronk in New York aangehou word, het voorgestel dat Diddy by sy huis op Star Island in Florida aangehou kan word. Distriksregter Arun Subramanian het dit, en die voorstel dat hy onder huisarres in sy New York-woonstel vrygelaat word, verwerp. Diddy word daarvan beskuldig dat hy uit die tronk met getuies gepeuter het. Dit was sy vierde aansoek.