Diddy bly agter tralies tot verhoor

Die omstrede musiekmagnaat, Sean Diddy Combs, is aangekla van rampokkery, sekshandel en dat mense tussen state vervoer is vir prostitusie. Hy is in New York gearresteer, maande nadat federale owerhede klopjagte uitgevoer het op sy luukse wonings in Los Angeles en Miami. Combs is borgtog geweier nadat hy onskuldig gepleit het. Amerika se prokureur vir New York se Suidelike Distrik, Damian Williams, sê volgens die aanklag het Combs sy uitgebreide sakeryk gebruik om vroue te dreig, gewelddadig aan te rand en te dwing om sy seksuele begeertes te vervul: