Dick Cheney gaan vir Harris & Walz stem

Die voormalige Amerikaanse visepresident en lewenslange Republikein, Dick Cheney, gaan in die presidentsverkiesing in November vir Kamala Harris van die Demokratiese Party stem. Cheney was invloedryk tydens die presidentskap van George W Bush. Hy sê daar was nog nooit ʼn individu wat ʼn groter bedreiging vir Amerika inhou as die huidige Republikeinse kandidaat, Donald Trump nie. Volgens Cheney het Trump die vorige verkiesing met geweld en leuens probeer steel om homself aan bewind te hou nadat kiesers hom verwerp het, en hy kan nooit weer aan bewind vertrou word nie.