Diana se briewe aan huishoudster word opgeveil

Prinses Diana se briewe aan haar gesin se gewese huishoudster, Violet Collison met die bynaam Collie, word op die 30ste van die maand deur Sworders in Stansted Mountfitchet, Essex, opgeveil. Die meeste is briewe wat Diana geskryf het om dankie te sê vir verjaardag- en Kersgeskenke aan William en Harry. Een handgeskrewe briefie is op 8 Julie 1981, drie weke voor haar troue met prins Charles, geskryf. Diana het dit op Buckinghampaleis-skryfpapier neergepen en sy vertel Collison daarin van die voorbereidings vir die troue. Collison is in 2013 op 89 oorlede.