Diamantsmous Louis Liebenberg, sy vrou, 7 ander in arres

Agt verdagtes wat na bewering betrokke was by ʼn vyf jaar lange diamantbeleggingskema, is in Noordwes en Gauteng vasgetrek. ʼn Multidissiplinêre operasie onder leiding van die Noord-Kaapse Valke se ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het tot die inhegtenisnemings gelei. Die Valke se woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die verdagtes sluit ʼn egpaar in wat volgens berigte die meesterbrein agter die skelmstreek was.

TERUG: Netwerk24 het onthul die egpaar is die omstrede Louis Liebenberg en sy vrou, Dezi, en dat ‘n negende verdagte gearresteer is.