Diamante grootste uitvoerkommoditeit in Augustus
Diamante was Namibië se grootste uitvoerkommoditeit in Augustus, en het 19,5 persent van die totale uitvoere uitgemaak. Dit was hoofsaaklik vir Botswana bestem. Nie-monetêre goud was tweede met 16 persent van totale uitvoere, uitsluitlik na Suid-Afrika. Vis-uitvoere, hoofsaaklik na Spanje en Zambië, was derde met 13,7 persent van uitvoere. Petroleumolies was vierde met 6,7 persent. Dit was meestal heruitvoere na Botswana. Nikkelerts en konsentrate was vyfde met 6,3 persent, en was slegs ‘n heruitvoer na China. Die top-vyf kommoditeite het saam 62,1 persent van totale uitvoere uitgemaak.