Diamantbedryf laat die geld inrol

Die De Beers-groep het in 2022 meer as 12,5 miljard Namibiese dollar tot Namibië se belastinginkomste en ekonomie bygedra, volgens die maatskappy se volhoubaarheidsverslag. Gedurende die tydperk het die diamantreus altesaam 4,8 miljard dollar aan belasting en tantième aan die Namibiese regering betaal. Tans is diamant-maatskappye in Namibië onderhewig aan 10 persent tantième op verkope en ‘n 55 persent korporatiewe belasting op winste. Verder lui die verslag dat De Beers verlede jaar meer as 163 miljoen dollar in Namibië bestee het as deel van sy maatskaplike beleggings-inisiatiewe. Plaaslike ekonoom, Jason Kasuto het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is goeie nuus vir die ekonomie.