Diamant-produksie styg in 2023

Namibië het verlede jaar 2,327 miljoen karaat ongeslypte diamante geproduseer, wat 9 persent hoër was as die 2,137 miljoen karaat wat in 2022 gelewer is. Volgens die nuutste statistiek wat deur De Beers vrygestel is, het Namdeb se land-gebaseerde produksie op ‘n jaargrondslag met 14 persent geklim na 468 000 karaat. In 2022 was die produksie 412 000 karaat. In die vierde kwartaal was daar egter ‘n 13 persent daling in produksie, na 151 000 karaat. Debmarine Namibië se aflandige produksie het in 2023 met 8 persent gestyg na 1,859 miljoen karaat, vanaf 1,725 karaat in 2022. Debmarine het in die vierde kwartaal alleen 439 000 karaat geproduseer.