DHL-lugramp dalk sabotasie – Duitse owerhede
Duitse leiers het die moontlikheid genoem dat sabotasie of hibriede oorlogvoering dalk gelei het tot Maandag se neerstorting van ‘n DHL-vragvliegtuig in Litaue. Die vliegtuig was onderweg van Duitsland na die Vilnius-lughawe toe dit neergestort en ‘n huis getref het. Die Duitse kanselier, Olaf Scholz, het vroeër gesê talle vorms van hibriede oorlogvoering word in die land gewaar en die ongeluk moet deeglik ondersoek word. ‘n Bemanningslid is dood terwyl die vlieënier en nog twee insittendes oorleef het, saam met 12 mense wat uit die huis ontruim is.