Devon Thomas deur IKR geskors oor wedstrydknoeiery
Die Internasionale Krieketraad het die Wes-Indiese kolwer, Devon Thomas, met onmiddellike ingang geskors nadat sewe aanklagte, insluitend wedstrydknoeiery, teen hom aanhangig gemaak is. Die aanklagte teen die 33-jarige speler hou verband met sy gedrag toe hy in drie franchise-toernooie, die Lanka-premierliga, die Abu Dhabi T10 en die Karibiese Premierliga gespeel het. Die raad sê Thomas het die teenkorrupsie-kodes by al drie toernooie oortree. Hy was opgeneem in die Wes-Indiese groep vir die komende internasionale eendagreeks teen die Verenigde Arabiese Emirate.