Despicable Me 4 verdien in eerste 3 dae N$1 miljard

Universal Pictures en Illumination se Despicable Me 4 het die eerste naweek ná sy vrystelling in teaters tot boaan die Noord-Amerikaanse lokettrefferlys geklim. Die fliek met Steve Carell in die hoofrol, het binne drie dae meer as 1 miljard Namibiese dollar verdien.  Dis meer as wat Shrek, Toy Story en Frozen gemaak het en is die konsessie wat die 15de meeste geld ooit verdien het. Disney en Pixar se Inside Out 2 is tweede met meer as 543 miljoen Namibiese dollar en die apokaliptiese riller, A Quiet Place: Day One, is derde.