DeSantis sal na verwagting vandag sy bod aankondig
Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, sal na verwagting vandag sy 2024 kandidaatskap vir die Republikeinse presidensiële kandidaat in ‘n aanlyn-verskyning met Elon Musk, uitvoerende hoof van Twitter, aankondig. Die twee sal om middernag Namibiese tyd die gesprek op Twitter Spaces voer. DeSantis, nou 44 jaar oud, word beskou as Donald Trump se hoofmededinger vir die Republikeinse Party se benoeming. DeSantis het onlangs gesê die Republikeinse party bly verloor en dit moet end kry.