Derna-ramp veroorsaak deur nalagtigheid

Die resultate van die geregtelike ondersoek na die Derna-ramp in Libië wys dat die damme wat verlede September meegegee het, in ‘n swak toestand was en dat nalatigheid tot die ramp gelei het. Die ondersoekers het bevind dat die ramp vermy kon word as die aanbevelings wat sedert 2003 gemaak is om die damme in stand te hou en ‘n derde te bou, toegepas is. Groot oorstromings het ‘n groot deel van die noordoostelike Libiese stad op 10 en 11 September verwoes en 4 540 mense dood gelaat, met meer as 30 000 ontheem.