Derduisende oorlogsmisdade in die Oekraïne

Die Oekraïnse aanklaer-generaal Andriy Kostin sê meer as 68 000 oorlogsmisdade is volgens berigte deur Rusland in Oekraïne gepleeg sedert die inval byna ‘n jaar gelede begin het. Meer as 9 600 burgerlikes waaronder 461 kinders, is dood. Kostin sê hy is vol vertroue dat Rusland tereg sal moet staan vir oorlogsmisdade. Die menseregtewaghond het verlede jaar verskeie gevalle gedokumenteer van Russiese militêre magte wat oorlogswette oortree teen burgerlikes in besette gebiede van die Chernihiv-, Kharkiv- en Kief-streke van Oekraïne.