Derde vlaag druk olieprys af

Ru-oliepryse het vir ‘n tweede dag teruggesak gedryf deur vrese oor afname in aanvraag as gevolg van die hoogsaansteeklike Delta-variant van Covid. Die Brent ru-oliepyrs het met amper 1 persent gedaal nadat dit Maandag met twee persent teruggesak het. Analiste meen die uitrol van inentingsveldtogte beteken dat die pandemie wel oorwin word en dit is steeds die verwagtinge. Opul sal saam met Rusland en sy olie-bondgenote, bekend as Opul+, Donderdag ontmoet om produksie te bespreek.