Derde verdagte vas oor Thabo Bester-ontsnapping

Die polisie in die buurland het bevestig dat ‘n derde verdagte in hegtenis geneem is in verband met die ontsnapping van die Facebook-verkragter Thabo Bester uit die Mangaung korrektiewe sentrum in Bloemfontein. Die verdagte is ‘n geslotekringtelevisie-tegnikus, wat ‘n werknemer was by ‘n maatskappy wat kameras by die maksimum-sekuriteitstronk installeer en in stand hou. Die 44-jarige sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê nóg een persoon is in hegtenis geneem en word ondervra.