Derde verdagte vas in moord, verkragting van Vernon Gavin

Die Erongo-polisie bevestig ‘n derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord en verkragting van Vernon Gavin, 53, op Walvisbaai op 30 Desember. Die verdagte is, volgens die polisie se inspekteur Ileni Shapumba, verbind aan Gavin se gesteelde selfoon. Hy sal môre in die hof verskyn. Quanito van Vuuren en Moses Sem, albei 20 jaar oud, het Dinsdag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn op klagte van moord, verkragting en roof in verband met Gavin se dood. Die eerste twee beskuldigdes het skuldig gepleit op klagte van roof maar weier die klag van verkragting en het aan die hof gesê hulle eis DNS-toetse. Daar word beweer dat hulle saam met Gavin gekuier het in sy huis. Gavin is naak, vasgebind en met ‘n waslap in sy mond gestop, deur sy bure gevind na hulle onraad vermoed het. Van Vuuren en Sem se saak is tot 2 April uitgestel.