Departement vir kleinsakeontwikkeling is onnodig – EFF

Die EFF-parlementslid, Babalwa Mathulelwa sê die party doen ‘n beroep vir die sluiting van die departement van kleinsakeontwikkeling weens sy mislukking om kleinsakeondernemings in informele nedersettings te help. Mathulelwa het tydens die begrotingsdebat in die Parlement gepraat. Sy sê omdat die departement nie moet bestaan nie, het die EFF in die sesde termyn van die Parlement ingestem dit moet sluit en sy funksies moet na die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging oorgedra word: