Denosa teleurgestel in afdanking van 706 verpleërs

Die verpleegorganisasie Denosa in Limpopo sê dis teleurstellend dat die provinsiale Departement van Gesondheid 706 verpleegkontrakte beëindig het. Die organisasie se provinsiale sekretaris, Jacob Molepo, sê dit kom te midde van ‘n tekort aan verpleegkundiges en ander gesondheidswerkers by verskeie fasiliteite in die provinsie. Hy sê die beëindiging van die kontrakte kom te midde van die departement se planne om 24-uur-klinieke veral in landelike gebiede te open: