Denosa dreig met optrede teen Gauteng-gesondheid

Die verpleegorganisasie, Denosa, dreig met optrede teen die Gautengse Departement van Gesondheid indien hulle nie jong verpleegkundiges betaal en in diens neem nie. Die vakbond beweer verpleegkundiges is vir meer as drie maande nie betaal vir dienste gelewer nie. Die jong verpleërs doen verpligte gemeenskapdiens in diens van die department. Denosa se provinsiale voorsitter, Simphiwe Gada, het gister aan die media gesê hulle gaan dié week by die premier se kantoor betoog: