Dennis Noa vrygespreek na appèl
Die voormalige leerlingdokter Dennis Noa, wat vroeër vanjaar skuldig bevind is aan verkragting, is vrygespreek ná ‘n suksesvolle appèl in die Windhoekse hoërhof. Regters Herman January en Philanda Christiaan het vanoggend Noa se skuldigbevinding omgekeer. Die 29-jarige is aanvanklik in Februarie tot agt jaar tronkstraf gevonnis, ‘n maand nadat die Windhoek-streekhof hom skuldig bevind het aan die verkragting van ‘n 18-jarige breinbeseerde manlike pasiënt in die Katutura-hospitaal in April 2021.