Dennis Noa kry 8 jaar tronkstraf

Die 29-jarige leerlingdokter Dennis Noa is ‘n vonnis van 8 jaar tronkstraf opgelê in die Windhoek-streekshof. Dit kom na hy op 22 Januarie skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n breinbeseerde manlike pasiënt by die Katutura-hospitaal in April 2021. Die staat het gevra vir ‘n vonnis van 15 jaar, maar die wet skryf vyf jaar voor vir ‘n eerste oortreding. Landdros Victor Nyazo het bevind daar was verswarende omstandighede en het die vonnis op 8 jaar bepaal.