Dennis Noa gaan appelleer
Dennis Noa, wat verlede week agt jaar tronk toe gestuur is vir verkragting gaan appelleer teen sy skuldigbevinding. Die mosie daarvoor is reeds by die hof in Katutura ingedien. Noa is op 22 Januarie skuldig bevind aan die verkragting van ‘n manlike breinbeseerde pasiënt by die Katutura-staatshospital waar hy ‘n leerling dokter was. Sy regsverteenwoordigers voer aan dat landdros Victor Nyazo verskeie foute begaan het, onder andere, dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat iemand anders die pasiënt in April 2021 verkrag het, sowel as ‘n beduidende tekort aan bewyse, veral dat die slagoffer wel verkrag was.