Dennis Noa borg tydens appèl geweier

Die voormalige leerlingdokter Dennis Noa is borg tydens sy appèl geweier. Windhoek-landdros Victor Nyazo meen dat die 29-jarige Noa nie ‘n goeie kans op sukses in sy appèl sal hê nie en meen dit is nie in die reg se beste belang om hom vry te laat nie. Noa het tydens sy aansoek ook melding gemaak van die haglike toestande in die gevangenis wat Nyazo sê geen rede vir vrylating is nie. Noa is skuldig bevind op die 2021-verkragting van ‘n breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal. Hy appelleer sy skuldigbevinding en agt-jaar vonnis.