Dene sluit seestraat na Baltiese See

Die Deense owerhede het een van die wêreld se besigste seestrate gesluit nadat ‘n missiel-lanseerder op ‘n vlootskip gebreek het. Die land se Nasionale Maritieme Owerheid het skepe gewaarsku om nie deur die Great Belt-straat te vaar nie, terwyl die lugruim ook gesluit is. Die straat is die hoof-maritieme toegang tot die Baltiese See. Die weermag sê die probleem het ontstaan tydens ‘n verpligte toets waar die lanseerder aktiveer is en nie ge-deaktiveer kon word nie, wat die gevaar laat ontstaan het van vallende missielstukke.