Den Haag hoor van Israel se menseregte vergrype

Die Palestynse minister van Buitelandse Sake, Riyad al-Maliki, sê die volksmoord in Gaza is die gevolg van dekades se straffeloosheid en gebrek aan optrede. Die Internasionale Geregshof het die week begin met verhore oor die regsgevolge van Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967. ʼn Ongekende 52 lande sal na verwagting getuig. ʼn Prokureur wat Palestina verteenwoordig, Namira Negm, het aan die Verenigde Nasies se hoogste hof gesê Israel het talle menseregte oortree: