Demokrasie in aksie in SA, sê politieke kenner

Suid-Afrikaners het vanoggend begin stem in die mees mededingende verkiesing sedert die einde van apartheid. Stemlokale het om 7 geopen. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting by die Hitekani Primêre Skool in Soweto stem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat in die tou staan ​​en wag om sy stem uit te bring. Hy het ‘n boodskap vir Namibiërs en alle Afrikane.