Delhi teken hoogste temperatuur ooit aan
Die Indiese hoofstad, Delhi, het gister sy hoogste temperatuur ooit van 52,9 grade Celsius aangeteken terwyl ‘n intense hittegolf en watertekort voortduur. Meer as 37 stede in dié land het dié week temperature van hoër as 45 grade Celsius aangemeld. Waarskuwings oor hitteverwante siektes is uitgereik met minstens drie sterftes wat tot dusver aangemeld is. Navorsing toon die klimaatskrisis veroorsaak hittegolwe wat langer duur, meer dikwels voorkom en meer intens is.