Dehlra sê Kunene-leeus is uiters kwesbaarOctober 20, 2023

Desert Lions Human Relations Aid, of te wel Dehlra, het skerp gereageer op die omgewingsministerie wat sê daar is geen risiko vir die uitsterf van leeus in die land nie. Die ministeriële woordvoerder, Romeo Muyunda het die kommentaar gemaak na die trofeejag van ‘n leeu in die verre noordweste van die land reaksie uitgelok het. Maar, Izak Smit van Dehlra sê daar moet kommer wees oor die Kunene-leeus omdat 50 persent van die bevolking baie vinnig verdwyn het.  

Smit sê die woestyn-aangepaste leeus is reeds uiters kwesbaar en prooi-getalle is baie laag.