Deflasie in mynbou- en steengroef-bedrywe, wys verslag
Die Namibië produsente prysindeks bulletin vir die tweede kwartaal, vrygestel deur die Namibië Statistieke-agentskap, verskaf opdaterings oor tien bedrywe, insluitend mynbou, vervaardiging en nutsdienste. Dit meet die prysverandering van goedere en dienste vanuit die perspektief van plaaslike produsente, invoere uitgesluit. Dit is ‘n belangrike ekonomiese aanwyser wat gebruik word om inflasionêre neigings te monitor, by te staan met nasionale rekeninge, en kontrakpryse en loononderhandelinge te rig. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, deel insigte oor die mynbou- en steengroef-bedrywe, wat deflasie aangeteken het.