DeChambeau het groot voorsprong by Amerikaanse Ope

Gholf: Bryson DeChambeau het 67 houe gespeel en het nou ‘n voorsprong van drie houe na drie rondes by die Amerikaanse Ope op Pinehurst. Die Amerikaner is die eerste speler ooit wat deur die telling van 70 in die eerste drie rondes van die toernooi gebreek het. Nog ‘n Amerikaner, Patrick Cantlay, wat 70 aangeteken het, Rory McIlroy van Noord-Ierland met 69 en die Fransman Matthieu Pavon, ook met 69, is almal drie houe agter. DeChambeau gaan probeer om vandag sy tweede Amerikaanse Ope in te palm.