Debmarine se produksie daal
Een van Debmarine Namibia se grootste produsente, die Mafuta-diamantmynskip, het standaard aanlegonderhoud ondergaan. Intussen het die De Beers-groep se produksie in Namibië in die tweede kwartaal met 8 persent tot 0,6 miljoen karaat gedaal. Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine, sê die laer produksie is te wyte aan die instandhouding van vaartuie by Debmarine. Hy voeg by dat sintetiese diamante ook ‘n bedreiging vir die diamantbedryf inhou.