Debbie groet Wes-Kaapse onderwys

Die Wes-Kaapse se provinsiale minister van onderwys Debbie Schäfer het bedank. Sy sal haar amp op 15 Mei verlaat en het haar bedankingsbrief aan premier Alan Winde oorhandig. Sy sê dit was haar voorreg om Suid-Afrikaners te dien.

Winde het haar bedank vir haar uitstekende diens aan die provinsie.