De Ruyter se TV-onderhoud lei tot sy vertrek

Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, het onthul die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die kragreus vroeg verlaat nadat hy erken het dat hy die onderneming moontlik in die verleentheid gestel het tydens ‘n televisie-onderhoud. Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge ondervra vandag die raad oor De Ruyter se bewerings. Volgens Makwana het Eskom boonop ‘n interne taakspan gestig om te reageer op die staatskaping-ondersoekverslag en om in samewerking met die Spesiale Ondersoekeenheid sowat twee miljard Suid-Afrikaanse rand te verhaal.