De Ruyter se boek ontbloot Eskom-korrupsie

Die gewese Eskom-hoof, André de Ruyter, ontbloot wydverspreide korrupsie en onbevoegdheid by die kragverskaffer in sy nuwe boek wat bekend gestel is. In die boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, sê hy toe hy in Januarie 2020 die pos aanvaar het, het hy buiten verwaarloosde toerusting, verouderende kragstasies en ‘n uitgedunde vaardigheidsbasis, ook ontdek die kragskaffer word lamgelê deur korrupsie wat op ‘n verbysterende skaal plaasvind. De Ruyter noem verskeie gevalle, soos byvoorbeeld vals brandstofaflewerings by een kragstasie wat Eskom 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand per maand gekos het.