De Lille begin SA Toerismeraad skoonmaak
Toerismeminister Patricia de Lille sê sy gaan ondersoek instel na die groot aantal vergaderings wat die Suid-Afrikaanse Toerismeraad gehou het, asook die koste daarvan. Byna 900 000-Suid-Afrikaanse rand is bestee aan 54 raadsvergaderings wat van Maart tot die eerste week van hierdie maand gehou is. Die minister het die raad se voorsitter, Makhosazana Khanyile en haar adjunk, Lizelle Dominique-Jordaan, uit hul poste verwyder. De Lille het aan die SABC gesê hulle bly aan as gewone raadslede.