De Kock trek los teen Paarl Royals

Krieket: Nadat hy gesukkel het om aan die gang te kom in die SA20, het Quinton de Kock gister uiteindelik losgetrek teen Paarl Royals in die Paarl. Die besoekers het ‘n eensydige wedstryd met 57 lopies gewen en die boonste posisie op die punteleer ingepalm. Nadat die Super Giants die loot gewen en eerste gekolf het, het De Kock en Jon-Jon Smuts gesorg vir 118 lopies om hulle span te help om 190 vir 3 aan te teken. Die Royals het geëindig op 133 almal uit in 19 beurte en drie balle.