De Klerk se Nobel-vredesprys gesteel

Uit Suid-Afrika word berig dat die Nobel-vredesprys wat oud-president FW de Klerk ontvang het uit sy huis gesteel is. Volgens berigte is dit tydens ‘n inbraak by sy huis in Fresnaye in Kaapstad gesteel. De Klerk is in November 2021 in die ouderdom van 85 oorlede nadat hy ‘n stryd teen kanker geveg het. Hy het saam met Nelson Mandela in 1993 die toekenning ontvang vir die vreedsame oorhandiging van mag in Suid-Afrika.